Enricho Schultz is ‘n kunsmisagent vir Multigreen in die Oos-Vrystaat.  Die afgelope twee jaar vorm Afrikelp™ LG-1 deel van die pakket wat hy vir sy kliënte aanbeveel. Volgens hom vul Afrikelp™ LG-1 die ander produkte uitstekend aan omdat dit bydra tot beter opname van die makro-elemente wat toegedien word.

Hy beveel Afrikelp LG-1 aan omdat dit die plant help om die voedingstowwe wat geplaas word, op te neem en die produsent in staat stel om waarde vir sy geld te realiseer. Afrikelp LG-1 stimuleer die plant om beter en meer wortels te vorm wat help met die opname van die voedingstowwe deur die plant.  “Kunsmis en makro-elemente is duur insette en met ‘n produk soos Afrikelp LG-1 wat help dat die plante hierdie produkte wat in die grond geplaas is, opneem, bring dit net soveel meer waarde na die kliënte toe,” sê Enricho.

Volgens Enricho is die hael ‘n gereelde verskynsel in die Oos-Vrystaat wat heelwat skade kan meebring.  Produsente kan geweldige oesverliese hê omdat die plante na hael onder geweldige stres verkeer.  Met die toediening van Afrikelp LG-1 op van die lande wat onder hael deurgeloop het, kon hulle addisionele wortelontwikkeling by die beskadigde plante stimuleer, wat ’n groot rol gespeel het dat die plante kon herstel omdat hulle die nodige voedingstowwe op kon neem en as’t ware uit die skade uit kon groei.  “Die produsente was baie tevrede omdat hulle insette so beskerm is,” sê Enricho.