Hennie de Bruin boer tussen Koppies en Sasolburg met sojas en mielies. “Ek het in die eerste jaar baie goeie resultate gehad met die gebruik van Afrikelp™ LG-1 en dit was ’n maklike besluit om dit weer te gebruik. Ek het tydens plant gespuit en twee keer daarna voor die pluimstadium opgevolg. Ek kon gou ’n verskil sien in die wortelontwikkeling op die mielies, selfs in die sandgrond. Ek het aan die einde van die seisoen ’n half ton per hektaar opbrengsverhoging gehad.”

Volgens Hennie is wortelontwikkeling kardinaal. “As jy nie wortels het nie, help dit nie jy spuit blaarvoeding nie. As daar goeie wortelontwikkeling is, beteken dit ’n gesonder plant wat meebring dat blare die blaarvoedings beter kan opneem.”

Hennie het sy sojas twee keer gespuit met Afrikelp LG-1. Die eerste keer saam met die entstof en later opgevolg met nog ’n bespuiting. Volgens hom is dit ’n praktyk waarmee hy gaan aanhou omdat hy sulke goeie resultate behaal het.

“Dit is belangrik dat ’n maatskappy voortdurend anpas by die spesifieke behoeftes van ’n boerdery. Die uitdagings is baie en ons as boere moet altyd vernuwend dink en iets addisioneel doen om die uitdagings te bowe te kom en winsgewend te bly. Afrikelp is ’n maatskappy met ’n produk wat waarde toevoeg in my boerdery,” aldus Hennie.