Volhoubaarheid is ’n gonswoord wat deesdae deel is van alle landbougesprekke.
Een van die nuwe fokuspunte van volhoubare landbou is die insluiting van biostimulante in die boer se arsenaal om winsgewend te kan bly boer te midde van wêreldwye klimaatskommelinge en abiotiese stresfaktore wat boere in die gesig staar en wat gewasproduksie beïnvloed.
’n Plantbiostimulant is ’n middel wat op verskeie stadia aan plante toegedien word en wat daarop gemik is om gedurende verskillende stadiums van plantegroei die algehele gesondheid van die gewas te verbeter. Biostimulante ondersteun verbeterde en doeltreffende plantvoeding, gesondheid, stresverdraagsaamheid en gewasgehalte.
Seewier as biostimulant bied verbeterde opname van mikro- en makrovoedingstowwe.
Afrikelp™ LG-1 is ’n bewese produk op die mark en bevat die natuurlike biostimulant of plantgroeihormoon, ouksien (Engels, auxin). Die produk kan toegedien word op die grond tydens plant in die wortelsone van die plant en as ’n blaarbehandeling.
Wanneer Afrikelp LG-1 op blare gespuit word, word dit opgeneem deur die selwand en na die wortels vervoer om die groei van bestaande en nuwe haarwortels te stimuleer. Hoe meer haarwortels op ’n plant is, hoe meer water en voedingstowwe kan dit opneem wat weer deur die xileem in die plant op vervoer word om plantgroei en vrugset te verbeter. Die proses neem sewe tot tien dae en produseer ՚n sterker en gesonder plant wat homself beter teen spanningsfaktore in die omgewing kan beskerm.
Wanneer Afrikelp LG-1 op die saad in die grond toegedien word, verbeter wortelontwikkeling en laterale wortelgroei wat meebring dat meer voedingstowwe en water uit die nabye omgewing van die plant opgeneem kan word. Plante met goeie wortelontwikkeling is beter in staat om strestoestande soos droogte en wind te hanteer.
Afrikelp LG-1 bied letterlik ’n oseaan van voordele:
- Goeie saadontkieming
- Korrekte plantpopulasies
- Sterk saailinge
- Verbeterde wortelontwikkeling en laterale wortelgroei
- Verbeterde opname van voedingstowwe en water
- Beter hantering van strestoestande
- Sterker plante
- Groener blare
- Goeie stuifmeelbuisontwikkeling en beter opname van stuifmeel
- Beter opbrengs
- Beter winsgewindheid
Afrikelp LG-1 as groeistimulant is aanpasbaar en produsente kan dit saam met meeste kunsmis, benatters, plaagdoders, swamdoders, glifosaat en ander onkruiddoders meng en sodoende ekstra spuitbehandelings uitskakel.
Ander mikro-elemente kan ook ingemeng word.
“Daar is hoofsaaklik vier geleenthede in mielies se groeistadiums om produksie-potensiaal te verbeter. Dit is tydens ontkieming en opkoms; die 4 en 5-blaarstadium wanneer die aantal rye op ’n mieliekop bepaal word; een week voor pluim wanneer die rylengtes op die kop bepaal word; en net na ontkieming wanneer die pitte vul en die gewig vasgelê word.
“Omdat Afrikelp LG-1 mengbaar is met feitlik alle ander produkte en nie chemiese reaksies veroorsaak nie, kan dit in bestaande spuitprogramme ingesluit word en maklik gedurende hierdie groeistadiums van mielies toegedien word,” Kobus Lindeque, besturende direkteur van Afrikelp.
Die waarde van enige produk lê egter in die waarde wat dit werklik vir die produsent inhou.
“Die produk lê lekker in my hart,” sê Stephen Kruger wat naby Viljoenskroon met mielies, sonneblom en sojas boer. Hoewel hy ietwat skepties was in die eerste jaar wat hy Afrikelp LG-1 beproef het, was hy aangenaam verras met die eindresultate en was die besluit outomaties om dit ’n standaard praktyk te maak. In die twee seisoene wat hy dit toegedien het, kon hy ’n merkbare verbetering waarneem ten spyte van die moeilike seissoensomstandighede.
Die goeie wortelontwikkeling het ’n groot bydrae gelewer het om die plante gesond te hou en deur te trek te midde van flukturerende omstandighede gedurende die seisoen.
Winderosie en sandkorrel-skade is wesenlike probleme in die omgewing en produsente soek sterk saailinge vroeg na opkoms. Die verbeterde wortelontwikkeling het definitief saailingontwikkeling ’n hupstoot gegee en ’n bydrae gelewer tot ’n beter plantestand en sterk en gesonde saailinge. Volgens Stephen mitigeer goeie wortelontwikkeling sekondêre skades later in die seisoen.
“Die produk het hom in my boerdery bewys as ’n gebruikersvriendelike produk wat ek in lae konsentrasies kan toedien. Afrikelp is ’n maatskappy met integriteit. Die manier waarop hulle die kelp oes, getuig van verantwoordelikheid teenoor die omgewing en boonop doen hulle plaaslike navorsing om gehalte te verseker.”
Volgens Kobus Lindeque, word die druk op boere al meer om genoeg kos te produseer vir die groeiende bevolking. “Kopskuiwe is nodig en dit raak al hoe belangriker dat boere ’n holistiese benadering volg wat hul boerdery betref. Boere moet winsgewend kan boer want dit sal volhoubaarheid dryf.“Ons sien onsself as ’n doeltreffende rolspeler in die landbou om natuurlike groeistimulante te vervaardig en te verskaf,” sê Kobus
Kontak Afrikelp by: 021 551 3556 of info@afrikelp.com en besoek hul webtuiste: https://afrikelp.com/
Leave A Comment