Genade boerdery verbou gewasse in die dorre en warm Noord-Kaap wat koring, mielies, lusern, saad-sonneblom, katoen, springmielies, aartappels, grondboontjies, uie, hawer en pekanneute verbou. “In die karoo is toestande gereeld ekstreem. Dit is of droog of nat, en of baie warm of baie koud. Ons gewasse is omtrent altyd onder een of ander stres,” sê Hannes Bruwer.

Genade Boerdery gebruik Afrikelp™ LG-1 op al hul gewasse. “Op die ry-gewasse sit ons Afrikelp™ LG-1 in die plantvoor vir sterker en gesonder wortels en plante. Afrikelp LG-1 word ook 2-3 keer deur die seisoen toegedien. Ons glo dat die Afrikelp-produk baie help met nuwe wortelontwikkeling wat weer bydrae tot beter vog en voedingstofopnames wat weer ’n sterker en gesonder plant lewer.”

“Op die koring en hawer gebruik ons die Afrikelp LG-1 breedwerpig deur die seisoen. By ons koring wat baie vatbaar is vir wortelsiektes kan ons dit nie waag om nie Afrikelp LG-1 toe te dien nie. By die neute word Afrikelp LG-1 in die gat om die wortelsone toegedien wanneer boompies uitgeplant word. In die kwekery week ons die boompies se wortels in ‘n oplossing van Afrikelp LG-1. Op die lusern is wortels ook van kardinale belang. Ons sny omtrent elke 20 tot 25 dae lusern en gesonde voedsame lusern is ons oogmerk. By die aartappels, mielies en koring word die produk deur die spilpunt of onkruiddoderspuit toegedien.”

Volgens Hannes maak die bekostigbaarheid van die produk dit die moeite werd om hulle gewasse daarmee te behandel. “Afrikelp se bydrae tot Genade boerdery se sukses is legio en ons vertrou dat ons nog ’n lang-pad sal saamstap. Ons kan nie daarsonder boer nie.”

“Alle boere hou daarvan om geld te maak en suksesvol te wees en Afrikelp help ons daarmee. Ons het ’n besondere persoonlike verhouding met die maatskappy en kan staatmaak op die nodige ondersteuning.”