Jacob en Pieter van der Westhuizen produseer mielies en sojabone op die Sirkel W en Jayopi Familietrust se plase, Witkop, Hartbeesfontein en Modderbult net buite Nigel. Hulle boer ook met Santa Gertrudis en Beefmaster vleisbeeste asook SA Vleismerinos.

Jacob en Pieter glo in die aanwending van nuwe tegnologie in die boerdery en skoei hulle aktiwiteite op die optimalisering van hulpbronne en presisieboerdery-beginsels.  Hulle verbou die mielies en sojabone op ’n geenbewerking-stelsel.

Sedert 2015 gebruik hulle Afrikelp™ LG-1 selektief op die mielies en sojabone, maar van 2019 af, dien hulle die produk toe in ‘n standaard bespuiting saam met na-opkoms onkruiddoders.

“Ons gebruik die produk om wortelontwikkeling te stimuleer en ook om gewasse te ondersteun tydens stremmingstoestande. Die beter wortelstelsel help met meer effektiewe opname van die bemesting wat ons toegedien het en omdat die plant die voedingstowwe beter opneem, kry ons groeikragtige saailinge,” aldus Jacob.

Volgens Jacob het hulle definitief ’n verhoging in opbrengs gesien, hoewel dit moeilik kwantifiseerbaar is aangesien Afrikelp LG-1 saam met ander mikro-element aanvullings toegedien is na aanleiding van blaarontledings wat hulle laat doen het. Maar hy is oortuig daarvan dat Afrikelp LG-1 wel ’n bydraende rol gespeel het in die opbrengsverhoging.

Afrikelp raak ’n al belangriker deel van boerdery en ons gewasverbouing. Ons plant duur saadgenetika en Afrikelp LG-1 help om elke plant se volle potensiaal te ontsluit omdat die plante die beskikbare vog en voedingstowwe meer effektief kan benut. Die samevoeging van goeie genetika en ’n goeie wegspring na plant met die hulp van Afrikelp LG-1, help om ’n groter opbrengs op ons belegging te realiseer.”